e-Hervormer 17 04 14 · het Hy – gelaaf met mirre en bitter wyn ... en ds R (Rika) van Staden...

8
17 April 2014 Jaargang 7 Uitgawe 11 Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar VOORBLAD Kruise langs die pad Paasnaweek is vir Christene wêreldwyd ’n baie belangrike herdenkingsgeleentheid. Mense onthou die kruisgebeure op Golgota, die verskriklike lyding en dood van Christus ter wille van die mensdom, en sy opstanding tot redding van gelowiges. Hier in Suid-Afrika het Paasnaweek bekend en berug geraak vir die talle sterftes op ons land se paaie. Motorongelukke is vreesaanjaend. Niemand van ons wil in ’n motorongeluk betrokke wees nie. Ernstige motorongelukke is in baie gevalle grusaam. Die gevolge van ernstige motorongelukke kan nie bereken word nie. Baie mense se lewens verander ingrypend. Blindheid, verlamming en ander gestremdhede as gevolg van beserings verander slagoffers van motorongelukke en hul gesinne se lewens onomkeerbaar. Die dood van ’n geliefde in ’n motorongeluk is altyd onverwags en ontydig. Die smart en verlies wat dit meebring, het ’n lewenslange invloed op dié wat agterbly. Dit is verskriklik om te dink dat motorongelukke op ons land se paaie jaarliks duisende mense se lewens eis. Die kruise oral langs die paaie herinner voortdurend aan onnodige lewensverlies en die seer van geliefdes. Daar is verskeie redes vir motorongelukke. Die swak toestand van paaie, hoë spoed, alkoholmisbruik, onpadwaardige voertuie, onwettige bestuurders, roekelose bestuur, woede en menslike oordeelsfoute dra alles by tot die hoë sterftesyfer op die paaie. Dit lyk asof mense ’n persoonlikheidsverandering ondergaan wanneer hulle agter ’n voertuig se stuurwiel inskuif. Almal is haastig, ongeduldig en onverdraagsaam. Boonop lyk dit asof al die inisiatiewe van die verkeersowerhede niks help nie. Miskien het dit tyd geword dat bestuursopleiding (teoreties en prakties) as deel van Lewensoriëntering op skoolvlak aangebied word. Wanneer mense opgevoed en onderrig word om verantwoordelike padgebruikers en bestuurders te wees, kan ongelukke verminder en selfs voorkom word. Owerhede behoort ook hul verantwoordelikhede na te kom deur die land se paaie te herstel en in stand te hou. Meer mense sterf op die land se paaie as in sommige oorloggeteisterde lande. Die prys is net te hoog en menselewens te kosbaar. Die kruise langs die pad herinner aan smart en seer en dood. Die kruis van Jesus Christus staan in die teken van die mensdom se sonde en die gebrokenheid van hierdie wêreld. Jesus se kruis herinner aan sy lyding en opofferende dood sodat daar vir ons vergifnis van sonde kan wees. Paassondag herinner ook aan sy opstanding en die oorwinning oor die dood. Dit is ons troos – dat die dood oorwin is en dat wie op die pad van God is, veilig bewaar word vir sy of haar eindbestemming. Ds Willem Kok, Potchefstroom Ons wens al ons lesers ’n vreedsame en rustige Paastyd toe, met heelwat tyd vir nabetragting en dankbaarheid. 1 Teken in op die e-Hervormer en r ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur ’n e-pos aan k[email protected].z a Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan [email protected] a Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org Die Hervormer www.hervormer.co.za e-Hervormer www.hervormer.co.za/e_Hervormer.html Indien u nie weer die e-Hervormer wil ontvang nie, stuur ’n e-pos na r [email protected].z a e-Hervormer D In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Transcript of e-Hervormer 17 04 14 · het Hy – gelaaf met mirre en bitter wyn ... en ds R (Rika) van Staden...

Page 1: e-Hervormer 17 04 14 · het Hy – gelaaf met mirre en bitter wyn ... en ds R (Rika) van Staden (Goudveld) 4. 5 Beplande vergaderings ο Dinsdag 22 April: ADV Kommunikasie

17 April 2014

Jaargang 7 – Uitgawe 11

Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

VOORBLAD

Kruise langs die pad

Paasnaweek is vir Christene wêreldwyd ’n baie belangrike herdenkingsgeleentheid. Mense onthou die kruisgebeure op Golgota,

die verskriklike lyding en dood van Christus ter wille van die mensdom, en sy opstanding tot redding van gelowiges. Hier in Suid-Afrika het

Paasnaweek bekend en berug geraak vir die talle sterftes op ons land se paaie.

Motorongelukke is vreesaanjaend. Niemand van ons wil in ’n motorongeluk betrokke wees nie. Ernstige motorongelukke is in baie gevalle grusaam. Die

gevolge van ernstige motorongelukke kan nie bereken word nie. Baie mense se lewens verander ingrypend. Blindheid, verlamming en ander gestremdhede as

gevolg van beserings verander slagoffers van motorongelukke en hul gesinne se lewens onomkeerbaar. Die dood van ’n geliefde in ’n motorongeluk is altyd onverwags en ontydig. Die smart en verlies wat dit meebring, het ’n lewenslange invloed op dié wat agterbly. Dit is verskriklik om te dink dat motorongelukke op ons land se paaie jaarliks duisende mense se lewens eis. Die kruise oral langs die paaie herinner voortdurend aan onnodige lewensverlies en die seer van geliefdes.

Daar is verskeie redes vir motorongelukke. Die swak toestand van paaie, hoë spoed, alkoholmisbruik, onpadwaardige voertuie, onwettige bestuurders, roekelose bestuur, woede en menslike oordeelsfoute dra alles by tot die hoë sterftesyfer op die paaie. Dit lyk asof mense ’n persoonlikheidsverandering ondergaan wanneer hulle agter ’n voertuig se stuurwiel inskuif. Almal is haastig, ongeduldig en onverdraagsaam. Boonop lyk dit asof al die inisiatiewe van die verkeersowerhede niks help nie.

Miskien het dit tyd geword dat bestuursopleiding (teoreties en prakties) as deel van Lewensoriëntering op skoolvlak aangebied word. Wanneer mense opgevoed en onderrig word om verantwoordelike padgebruikers en bestuurders te wees, kan ongelukke verminder en selfs voorkom word. Owerhede behoort ook hul verantwoordelikhede na te kom deur die land se paaie te herstel en in stand te hou. Meer mense sterf op die land se paaie as in sommige

oorloggeteisterde lande. Die prys is net te hoog en menselewens te kosbaar.

Die kruise langs die pad herinner aan smart en seer en dood. Die kruis van Jesus Christus staan in die teken van die mensdom se sonde en die

gebrokenheid van hierdie wêreld. Jesus se kruis herinner aan sy lyding en opofferende dood sodat daar vir ons vergifnis van sonde kan wees.

Paassondag herinner ook aan sy opstanding en die oorwinning oor die dood. Dit is ons troos – dat die dood oorwin is en dat wie op die pad

van God is, veilig bewaar word vir sy of haar eindbestemming.

Ds Willem Kok, Potchefstroom

Ons wens al ons lesers ’n vreedsame en rustige Paastyd toe, met heelwat

tyd vir nabetragting en dankbaarheid.

1

Teken in op diee-Hervormer en rontvang elke uitgawegratis per e-pos!

Stuur ’n e-pos aan •[email protected]

Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) [email protected] a

SkakelsWebblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org Die Hervormer www.hervormer.co.zae-Hervormer www.hervormer.co.za/e_Hervormer.htmlIndien u nie weer die e-Hervormer wil ontvang nie, stuur ’n e-pos na r [email protected]

e-Hervormer

D

In hierdie uitgaweVoorblad• Beroepe en standplase• Predikante en gemeentes• Ander nuus• Agterblad•

Page 2: e-Hervormer 17 04 14 · het Hy – gelaaf met mirre en bitter wyn ... en ds R (Rika) van Staden (Goudveld) 4. 5 Beplande vergaderings ο Dinsdag 22 April: ADV Kommunikasie

BEROEPE EN STANDPLASEKontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by [email protected] om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhka.org te plaas. Onthou asseblief dat ’n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Frikkie Labuschagne by 012 322 8885 x256 in dié verband.

Beroep ontvang

Ds MJ (Martin) Fouché• van Goudveld na RiebeeckstadDs TH (Theo) Janse van Nieuwenhuizen• (emeritus) na Witfi eld (deeltyds)

Beroep aanvaar

Prof AC (Adriaan) Neele• (beroepafwagtend) na Bloemfontein (deeltyds)

PREDIKANTE EN GEMEENTESStuur asseblief berigte oor lief en leed en gemeentegebeure na [email protected]. Die redaksie doen alles in hul vermoë om inligting korrek weer te gee, maar maak vanselfsprekend staat op die integriteit van die besonderhede soos verskaf.

Emerituspredikant ds WP Prinsloo• van Roedtan het op 1 April ’n knievervanging ondergaan en is besig om goed te herstel. Die afgelope week is hy egter weer in die hospitaal opgeneem met ’n swam in die lugpyp. Ons bid ds Prinsloo spoedige en algehele herstel toe. Sterkte vir u en mev Berna Prinsloo!

Mnr Robbie Schilz• , voorsitter van die direksie van Ons Tuis en lidmaat van Philadelphia, het op Woensdag 9 April ’n operasie in Zuid-Afrikaansch Hospitaal ondergaan vir ’n long wat platgeval het. Ons bid oom Robbie algehele herstel toe.

AKSIEGROEP VIR BEJAARDES. • Moedig hardhorende bejaarde lidmate aan om ’n dokter te besoek. Daar mag dalk ’n eenvoudige oplossing wees soos die verwydering van was wat in die oor saamgepak het. Vir meer inligting, kontak jou diaken of die ADV se Werkgroep vir Bejaardes (die AGB) by 082 786 8448.

SENTIK wil graag • beter kommunikasie in die Kerk bevorder. ’n Vraelys wat kan vasstel hoe effektief die kerklike kommunikasie is, en wat lesers se mening oor die inhoud, formaat en waarde van die kerklike publikasies is, vorm die eerste deel van ’n omvattende proses van navorsing oor kommunikasie in die Kerk, en die resultate sal mettertyd bekendgemaak word. Ons sal dit baie waardeer indien ons lesers die vraelys sal invul deur die toepaslike kode te omkring. Ons vra vriendelik dat u ook die persoonlike inligting verskaf ter wille van verdere kommunikasie. Individuele antwoorde sal vertroulik gehou word, en slegs gesamentlike statistieke sal bekendgemaak word. U naam sal dus nie aan u antwoorde verbind word nie. Kry die vraelys by die volgende skakel: http://www.itrresolutions.co.za/NHKA2014/vraelys.html

UITGEBREIDE LITURGIESE KALENDER. • Prof Natie van Wyk skryf soos volg oor die Paaskring: “Die opwekking van Jesus Christus is die hart van die evangelie. Dit is daarom gepas dat die kerk op sewe Sondae (Pinkstersondag ingesluit) ná Paassondag (20 April) na verskillende aspekte van die evangelie kyk vanuit die perspektief van die opstanding. Quasimodogeniti (27 April): Die tweede Sondag van die Paaskring staan bekend as quasi modo geniti infantes, die Latyn vir “soos pasgebore kinders” (1 Pet 2: 2). In ’n opskrif word dit afgekort tot Quasimodogeniti. In die Vroeë Kerk is mense op Paassondag gedoop en op hierdie Sondag is die wit doopklere uitgetrek. Daar is van die pas gedooptes verwag om soos wit gewaste

2

Ds Martin FouchéDs Theo Janse van

Nieuwenhuizen

Prof Adriaan Neele

Mnr Robbie SchilzDs WP Prinsloo

Lesers en adverteerders moet asseblief kennis neem dat daar nie die week van 28 April tot 2 Mei ’n e-Hervormer sal

verskyn nie.

Page 3: e-Hervormer 17 04 14 · het Hy – gelaaf met mirre en bitter wyn ... en ds R (Rika) van Staden (Goudveld) 4. 5 Beplande vergaderings ο Dinsdag 22 April: ADV Kommunikasie

babas in die wêreld te gaan lewe. Efesiërs 5: 1-21 is ’n gepaste teks. Mense wat, danksy hul doop, in die helder lig van die opstanding lewe, behoort soos mense van die daglig te lewe. Opstandingsgeloof en ’n voortrefl ike lewenswyse gaan hand aan hand. Gesange 511 en 558 sal gepas wees op hierdie Sondag.”

Tydens die Fakulteit Teologie se • gradedag op 25 April ontvang die volgende studente/predikante graad:

BTh:ο WA (Willem) Dreyer; C (Chantelle) du Toit; LJ (Jaco) Griessel; D (Dewald) Kruger; en IF (Erika) Ras.MDiv: ο Ds PWB (Pierre) Britz; ds A (Aniena) Prinsloo (met lof); ds CB (Bernard) Prinsloo (met lof); QJ (Quinten) Schimper (met lof); ds EM (Liza) Steenekamp; ds G (Gerrit-Daan) van der Merwe; JW (Johan) van der Merwe (met lof); L (Lulani) van der Merwe (met lof); CL (Nelius) van Niekerk; en SH (Fanie) Willers.MTh:ο Ds L (Lisa-Mari) Swanepoel (met lof) in Godsdiens- en Sendingwetenskap.DD: ο Ds JM (Thinus) van Staden met ’n proefskrif oor gesinsbediening as bedieningsvennootskap tussen gemeentes en gesinne. Sy promotor was prof Yolanda Dreyer.

Die • nuwe graad 10-kategesehandleidings met die titel My geloofspad na belydenis is nou by SENTIK in boekvorm beskikbaar. Navrae daaroor kan gerig word aan mev Susann van Zyl van SENTIK se boekwinkel, by 012 322 8885 x291; faks 086 633 4054; e-pos [email protected].

In Mei 2014 se kerklike publikasies: • Konteksο Hemelvaart – ’n nuwe beginNasionale Kinderbeskermingsweek 26 Mei – 1 JunieMaak kennis met die ring van HeilbronDie Hervormer ο Groot krag in klein gemeentes?Van der Hoff Studentevereniging vier 90 jaarDie Kerk in Zimbabwe

ADV SE JAAR VIR ARMOEDE.• Maak gebruik van selfone om dié wat het in kontak te bring met dié wat nie het nie. Feitlik almal het selfone en die Kerk se databasis van gemeentelede kan ingespan word. Vra lidmate in ’n SMS wat hulle kan skenk om die armoede in die gemeente te verlig, maar vra ook wat hulle in ruil benodig. Hulle antwoord byvoorbeeld soos volg: Ek kan weekliks 2 liter melk aan 20 gesinne voorsien. In ruil het ek iemand nodig om my stal se vloer te kom vee. Die versoek word op die skerm in die kerk geadverteer, en persone wat beskikbaar is, kan die gemeentelike kantoor skakel om die nodige besonderhede te kry. Kontak ds Martin Jansen van Rensburg van die Werkgroep vir Armoede by [email protected] indien jy op enige manier betrokke wil raak.

NOOD IN RUSTENBURG. • Lesers kan steeds bydra tot die Ondersteuningsraad se fondse om die gesinne en veral die kinders in nood in Rustenburg by te staan. Die OSR Rustenburg se bankbesonderhede is die volgende: ABSA Rustenburg; rekeningnommer 122 060 1079; rekeninghouer Ondersteuningsraad Admin Rek. Navrae kan gerig word aan Adri Herbst by [email protected] of [email protected]; tel 014 579 2972. Indien gemeentes, RDV’s, lidmate, ensovoorts, op ander wyses wil help, kan hulle Leandri Pretorius kontak by [email protected].

3

Page 4: e-Hervormer 17 04 14 · het Hy – gelaaf met mirre en bitter wyn ... en ds R (Rika) van Staden (Goudveld) 4. 5 Beplande vergaderings ο Dinsdag 22 April: ADV Kommunikasie

Spesiale eredienste en feesnaweke

Eredienste in Durban-Suid.• Gedurende die vakansie en oor al die langnaweke is daar eredienste in Durban-Suid om 08:30. Op Goeie Vrydag is die erediens en Nagmaal ook om 08:30 in die kerkgebou by Beaconweg 137, Bluff. Navrae kan gerig word aan prof Bieks Beukes by [email protected] of 072 036 4960.

Gemeente Philadelphia• is hierdie jaar 50 jaar jonk! Die Feesnaweek word beplan vir 12-14 September en ons nooi alle oud-Philadelphia-lidmate om hierdie Feesgeleentheid by te woon. ’n Studentegemeente het ’n skatkis van staaltjies en stories. Ons nooi almal uit om jul staaltjies, stories en herinneringe aan ons te stuur vir ons Feesblad. Stuur asseblief foto’s en stories na die gemeente se e-posadres: [email protected].

’n Gedig vir Goeie Vrydag

Golgota

Met rooi, gewonde voete en die pynvan dorings wat sy hoof in spot omsluit,het Hy – gelaaf met mirre en bitter wyn –teen Golgota sy droewe gang gestuit.

Soldate het sy klere uitgetreken luid getwis oor kleed en lendedoek;sy naakte liggaam het hul oopgevlekoor stam en balk en dit met smaad vervloek.

Die wrede spykers word deur vlees en beenmet felle slae ingejaag: sy hande,verstrak in laaste, goddelike seën,het Hy wyd uitgebrei oor álle lande...

Die vroue roep in duisternis en treur...Die aarde beef... Die tempelvoorhang skeur.

WEG Louw(Die Passie van ons Heer. Uit: Versamelde gedigte 1978)

Predikanteverjaardae

Die volgende predikante verjaar tot 25 April, en word hartlik geluk gewens.•

Vrydag 18 April: Ds JR (Jan) Kramer (Elsburg)ο Saterdag 19 April: Di HW (Henk) Calitz (Carletonville), PJ (Pierre) Jacobs ο

sr (Outeniqua) en MJ (Tinus) Swart (Petrusburg)Maandag 21 April: Dr JA (Kobus) van Biljon (emeritus) en ds EJA ο

(Edzard) van Baalen (Parkrand)Woensdag 23 April: Di F (Francois) Evert (Declercqville) en CJH (Casper) ο

Steenkamp (emeritus)Donderdag 24 April: Ds HP (Herman) van den Berg (Elandspoort)ο Vrydag 25 April: Prof AG (Andries) van Aarde (siekte-emeritaat), ο

dr WAJ (Wimpie) van Schoor (Primrose-Oos) en ds R (Rika) van Staden (Goudveld)

4

Page 5: e-Hervormer 17 04 14 · het Hy – gelaaf met mirre en bitter wyn ... en ds R (Rika) van Staden (Goudveld) 4. 5 Beplande vergaderings ο Dinsdag 22 April: ADV Kommunikasie

5

Beplande vergaderings

Dinsdag 22 April: ADV Kommunikasieο Woensdag 23 April: OSR Werkwinkelο

Kinderhuise DagbestuurDonderdag 24 April: TOIBOο Vrydag 25 April: SP Engelbrecht-museumο

Allegaartjie

Ons moet ons lewens, eerder as bloot net ons woorde, gebruik om vir ons te praat. Op hierdie Goeie Vrydag, kom ons doen ’n bestekopname om vas te stel in watter mate ons daarin slaag. (Onbekend)

Kursusse en toerusting

Die kruisiging vanuit ’n mediese perspektief• Donderdag 17 April direk na die Nagmaaldiens van 18:30 Spreker: Dr Louis Wessels (MD) By NHKA Pretoria-Oos, Delyweg 100, Waterkloofpark Toegang gratis en almal welkomNavrae aan gemeentelike kerkkantoor by 012 460 8441 tot 13:00

Beskikbare behuising

Behuising vir en versorging van bejaarde persone • Kontak Hannelie Fourie van Ons Tuis-Monumenttehuise 012 325 1857 x202 / www.otmt.org

Kamers vir selfversorgende bejaardes• Huis Tafelberger in Monte Vista, Kaapstad Navrae aan mev Anna Hanekom by 021 872 6301 of ds Kathleen Smith by 021 551 5264

Kampe en toere

Vrouekamp 2014: 16-18 Mei• Vir dames van alle gemeentes By Paradeisos-kampterrein, naby Kameeldrift, ongeveer 30 km buite Pretoria Tema: Wat is nuus? Temavers: Jesaja 25: 7a (NLV): Hoe mooi klink die voetstappe op die berge van hulle wat goeie nuus bring...

Page 6: e-Hervormer 17 04 14 · het Hy – gelaaf met mirre en bitter wyn ... en ds R (Rika) van Staden (Goudveld) 4. 5 Beplande vergaderings ο Dinsdag 22 April: ADV Kommunikasie

Sprekers: Di Janine Bevolo-Manders en Antionette Janse van RensburgKampgelde R550 per persoon Navrae aan Jana Peenze by 083 734 5426 / [email protected] of Stefanie Theron by 082 825 7944 / [email protected]

Konteks• -leserstoer na Turkye: Vertrek 5 Oktober15 dae op die voetspore van die eerste ChristeneToerleier: Ds Dries Beukes012 654 3198 / 083 447 7943Vir meer inligting, kontak Louise Geyser (formele reisagent) 012 361 0579 / 082 560 4279 / [email protected] na www.konteks.co.za → Inligting en skakels → Konteks-leserstoervir volledige inligting en besprekingsvorm

Kom toer saam deur Israel: 23 November tot 1 Desember• Toerleier: Ds Fanie Beukes (NHKA Wesmoot)Navrae aan ds Fanie by 073 167 1183 / [email protected]

Sportbyeenkomste

Saterdag 3 Mei: Gemeente Vaalharts • Bergfi etswedren oor 30 en 60 kmWegspringtyd: 08:30Plek: Hoërskool HartswaterKontakpersoon: Naas 083 305 6366Groot prysgeld te wen en gelukkige trekkingsSPAR Padwedloop oor 5 / 10 / 21,5 / 42 kmWegspringtyd: 07:00Plek: Hoërskool HartswaterKontakpersoon: Christo 083 286 4943Prysgeld en koopbewyse te wen

Kompetisies en fondsinsamelings

Gemeente Naboomspruit: Naboom Fiesta 19 April • Ons is op soek na die Bosveld se beste storievertellerAs jy ’n mooi storie het om te vertel, kontak die organiseerders Groot pryse te wenKontak Jan Claassen by [email protected] / 084 400 5137of Rene van Tonder by fi [email protected]

6

Page 7: e-Hervormer 17 04 14 · het Hy – gelaaf met mirre en bitter wyn ... en ds R (Rika) van Staden (Goudveld) 4. 5 Beplande vergaderings ο Dinsdag 22 April: ADV Kommunikasie

Basaars en markte

Saterdag 3 Mei vanaf 10:00: Gemeente Greylingstad: Vleisbasaar• Op die kerkterrein in Bothastraat50 km vanaf Heidelberg op ou DurbanpadVleissnitte, maalvleis, wors, biltong en droë worsBees, lam en hoenders, en al die gewone basaarstalletjies Skenkings ook baie welkom! Ons probeer om weer ’n rooibok te kry om op te veilOns gemeente is klein met 50 lidmate, 4 ouderlinge en 4 diakens Navrae aan ds Fanie Naudé by 083 391 3151 / [email protected]

Saterdag 10 Mei: Gemeentes Krugersdorp-Wes, Tarlton en Magaliesburg • Familiefees met stalletjies, eetgoed en speelpark vir die kindersDie Penkoppe, Gerhard Steyn, Isak Davel, Karlien Husselman en Chrizaan Op die velde van Laerskool Krugersdorp-Noord Skakel Ebeth de Beer by 076 147 9816 vir meer inligting

ANDER NUUSVakature: Ouditklerk by Sinodale Kerkkantoor• Dame (35-50 jaar) om hoofsaaklik NHSV-boeke te hanteerVereistes: Matriek; kennis van boekhouding tot proefbalans; opstel van inkomste- en uitgawestate; rekenaarvaardig; kennis van werksaamhede en boekhouding van NHSV ’n aanbeveling Verdere vereistes: Pligsgetrouheid; vermoë om as lid van span te funksioneer; goeie kommunikasievaardighedeSalaris onderhandelbaar, normale diensvoorwaardesSluitingsdatum vir aansoeke 31 Mei 2014 Aansoeke met CV aan mev AW Short by [email protected] of per faks na 012 322 7909

Vakature: Junior Ouditklerk by Sinodale Kerkkantoor• Vereistes: Matriek; kennis van boekhouding tot proefbalans; rekenaarvaardigVerdere vereistes: Pligsgetrouheid; vermoë om as lid van span te funksioneer; goeie kommunikasievaardighedeSalaris onderhandelbaar, normale diensvoorwaardesSluitingsdatum vir aansoeke 31 Mei 2014Aansoeke met CV aan mev AW Short by [email protected] of per faks na 012 322 7909

Saterdag 10 Mei om 10:00: Damesoggend • Met dr Lourentia de Kock (sielkundige)Basiliah Restaurant, Moreleta NG KerkR100 per persoonBespreek by Yolande Steenkamp 012 335 5708 / 64 [email protected]

Advertensies in die e-Hervormer

Advertensies waarvan ’n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin ’n gemeente ’n projek prominent wil bekendstel, kan in die e-Hervormer geplaas word. Indien ’n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit verkieslik nie groter as ’n standaard besigheidskaartjie wees nie. Stuur die voorgestelde teks van nie meer nie as 110 woorde met of sonder eenvoudige grafi ka of ’n foto saam met die bewys van betaling aan mev Tessa Oppermann, per

7

Page 8: e-Hervormer 17 04 14 · het Hy – gelaaf met mirre en bitter wyn ... en ds R (Rika) van Staden (Goudveld) 4. 5 Beplande vergaderings ο Dinsdag 22 April: ADV Kommunikasie

Redakteur: Ds David BarnardSubredakteur: Ds Etienne FourieKerknuus: Dr Wouter van WykTeksversorger: Mev Tessa OppermannUitlegkunstenaar: Mev Francis NelAdvertensie-ontwerper: Mej Izelle Marx

faks na 086 633 4059, of per e-pos na [email protected]. GEEN advertensie sal geplaas word sonder die betalingsbewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-Hervormer word normaalweg Woensdae saamgestel en verskyn dan die Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R150 per plasing (BTW ingesluit). Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000-287, takkode 632-005, verwysing: u naam + e-Hervormer Ads. Neem asseblief kennis dat die redaksie in uitsonderlike gevalle mag besluit om ’n advertensie nie te plaas nie en die adverteerder se geld terug te betaal.

AGTERBLAD

Gebed vir die week

Laat, Heer, u trou en reg en vredeu liefde deur ons lewe stroom;dan dra ons vrugte van bekering –u kruis is, Heer, ons lewensboom.(Attie van der Colf 1978/2001, na Bartholomäus Bastie 1834)

Gesang 394: 3. Uit: Liedboek van die Kerk 2001

8